Neem asseblief kennis dat ek filiasie links in my joernaal gebruik waaruit ek ʼn inkomste verdien.
Wys tans plasings met die etiket Voorgeskrewe Gebede. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Voorgeskrewe Gebede. Wys alle plasings

Hoekom bid

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.1Timoteus 2:1-2 (Bybel in afrikaans 1983/1992 © BSA 1983, 1992. www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za .)

 


Indien jul gereeld my gedagtes lees sal jul agter kom dat  ek baie kere na die teks vers verwys. Die rede hiervoor is dat ek hierdie teks in ʼn baie ernstige lig sien. Kyk rondom ons en sien wat is aan die gebeur. Die rede vir al die chaos is juis dat daar nie gebid word nie.

 

Ons vind hier ʼn opdrag tot gebed. Daar moet gebid word vir alle mense en ook vir die regering. Gelowiges moet mense van gebed wees. Al is daar ongelowige leiers wat hul mense onderdruk, moet daar steeds vir hul gebid word. Ons bid nie vir hul persoonlike voort uitgang nie maar wel dat ons vrede sal ondervind in ons land.

 

Ons vind hier verder die opdrag van diensbaarheid tot volkome toewyding aan God en alle eerbaarheid. Volkome toewyding aan God behels die aanbidding van God. Dit sluit in geestelike dissiplines wat vir God aanneemlik is. Om in alle eerbaarheid te leef is om goed te doen aan alle mense. Daar moet gebid word sodat ons land n rustige en stil lewe kan lei.

 

Daar staan geskrywe dat gebed n bediening op sy eie is. So lees ons van Anne in Lukas 2, wat met vas en gebede God gedien. God wil hê ons moet oor niks besorgd wees nie en als aan Hom bekend maak deur gebed. ( Filippense 4:6).

 

Lukas sê in hoofstuk 18 dat ons gedurig moet bid en nie moedeloos raak nie. Daar staan geskrywe in 1 Timoteus 2:8, dat ons op elke plek moet bid.

 

Hoekom moet ons bid? Dis God se opdrag dat ons moet bid sodat ons Sy seëninge kan ontvang.

 

 

 

 

 

Is voorgeskrewe gebede verkeerd?

Daar is niks verkeerd om voorgeskrewe gebede te bid nie. Die enigste vereiste is dat dit in lyn is met die woord van God. Voorgeskrewe gebede het verskeie voordele wat nuttig is tot die ontwikkeling van jou gebeds lewe. Deur hierdie gebede leer jy hoe om te bid. Dit help jou om intiemer verhouding met God te hê. Voorgeskrewe gebede is inspirerend en spoor ons eie denke aan in ons gebeds lewe. Dit help om te bid sonder ophou. Voorgeskrewe gebede stel ons gemoed oop vir gebed.



 
In Lukas 11, leer Jesus sy dissipels dat hul op ń gereelde basis met opregtheid moet bid. Jesus is self ń voorbeeld van iemand met ń effektiewe gebeds lewe. Jesus was self besig om te bid. Toe Hy klaar was het Sy dissipels Hom gevra om hul te leer bid. 

Daar is verskeie voorgeskrewe gebede in die Bybel. Dit is 'n algemene gebruik om hierdie gebede te verpersoonlik en te bid. Hierdie gebede kan in die oorspronklike teks gebid word as deel van jou persoonlike gebed tot God.

Wanneer jy op die internet rond krap oor gebed vind jy talle resultate waar jy geleer word hoe om te bid. Voorgeskrewe gebede uit die Bybel asook van ander gelowiges kan gebruik word om jou te leer bid. Ek het sulke gebede gebruik om myself te leer bid. 

Die Heilige Gees sal jou nie alleen laat nie en maniere vind op jou vlak om die gebed deur te kry tot jou hart. Ek glo een metode is wel die gebruik van voorgeskrewe gebede. Soos reeds genoem is die skrif vol gebede wat gebid kan word.

Ek het groot geword in die NG gemeente. Toe ek trou het ek en my vrou aan die AGS gemeente behoort. Tans volg ek die Lewensentrum leerstellings. Ek noem dit sodat jy die volgende stelling volledig sal kan verstaan. Ek gebruik steeds die Katolieke boek van algemene gebed en die Anglikaanse gebedeboek. Hierdie boeke het my noemenswaardig gehelp in my lewe rondom gebed. Nes die Ons Vader het ek talle van die gebede geleer sodat ek dit kan sê vanaf my geheue.  

Ek het agter gekom in my verlede dat my gewone gebede tydens ete en aand gebed dieselfde is. Dit was gedoen sonder om enige voorgeskrewe gebed te gebruik. Dit was die geval voordat ek die genoemde gebede boeke begin gebruik het.

Dit het my laat besef dat voorgeskrewe gebede nie verkeerd is nie. My enigste vereiste vir myself was opregtheid van die hart. Die gebede wat ek opsê moet met opregte bedoeling geskied en nie net n gedig wat jy opsê nie. Vandag meng ek hierdie gebede met my persoonlike gebede in my eie woorde soos die Heilige Gees dit op my hart plaas.

Die Huwelik

Skriflesing 1 Korinthiërs 7:1-7 Maar omdat daar soveel onsedelikheid is, behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. 1 Kor...