Neem asseblief kennis dat ek filiasie links in my joernaal gebruik waaruit ek ʼn inkomste verdien.

Omtrent my

 Omtrent my


Die noodsaaklikheid van gebed het my die besluit laat neem om ʼn webjoernaal hieroor te begin. In die joernaal gaan ek my ervarings met gebed deel asook gedagtes rondom ʼn christelike lewe.

Die webjoernaal is vir elkeen wat opsoek is na ʼn dieper betekenis van gebed en ʼn christelike lewe.

My kennis rondom gebed en ʼn christelike lewe kom van jare se ondervinding. Deur my liefde vir die Woord van God het ek die geaardheid om gereeld na ander se leerstellings en preke te luister. My kennis is verder verbreed deur ʼn persoonlike verhouding met God deur gebed en bybelstudies.

Ek het evangelisasie opleiding ontvang deur KAM (Kingdom Advancement Ministries).  Dit is ʼn volledige evangelisasie- en dissipelskap - afrigtingsprogram. Ek het gevorder tot die vlak van KAM kaptein in die jaar 2009.



Ons hulp kom van die Here.

Skriflesing: Matteus 8:1-17 Inleiding Met die vorige week se gedagtes van die berg predikasie gaan ons die week voort met die bevestigin...