Neem asseblief kennis dat ek filiasie links in my joernaal gebruik waaruit ek ʼn inkomste verdien.

Hoe om depressie te oorkom.

 

Hoe om depressie te oorkom.

 

Ek groet jul in die naam van ons Here Jesus Christus. Mag God se genade met jul elkeen wees.


Dis ʼn geruimde tyd dat ek die begeerte ontwikkel het om ʼn gedagte te deel in my webjoernaal, oor hoe om depressie te oorkom. Depressie, angs aanvalle en posttraumatiese stresversteuring het my eie lewe verontsuur vir ʼn baie lang tyd.

In hierdie gedagte gaan ek my ondervinding deel - hoe ek posttraumatiese stresversteuring oor kom het. Die versteuring gaan gepaard met depressie en angs aanvalle. Dis wat ek ervaar het tydens die siekte. Meerderheid van ons land se bevolking gaan gebuk onder een of ander geestes toestand wat veroorsaak dat jy nie ten volle die lewe kan geniet nie. Dus, is jy nie alleen nie.

Dit is egter uiters noodsaaklik om professionele hulp te ontvang om jou te help met die bestuur van geestes ongesondheid. Ekself was onder sielkundige behandeling vir ses maande. Die sielkundiges bepaal die duurte van jou behandeling en verskaf metodes en selfs eet gewoontes hoe om jou toestand te hanteer. Als begin deur ʼn besoek af te lê aan jou huisdokter. Hy sal jou verdere leiding gee oor gepaste behandeling.

Daar is twee webblaaie wat ek kan aanbeveel om te besoek vir verdere selfstudie oor die toestand asook moontlik hulp:

1.       Wie is ek? Is ʼn webblad wat fokus op die bespreking en verduideliking van menslike gedrag, sielkundige toestande en alle aspekte wat daarmee verband hou. Hul help jou om jou omstandighede beter te verstaan en hoe om by die regte mense aan te klop vir hulp.

2.       SADAG is ʼn organisasie met kragtige span psigiaters, sielkundiges en algemene praktisyns wat jou kan help.

Ek het saam met professionele hulp begin antwoorde soek in die woord van God. Ek het besef dat sonder die Here gaan dinge net vererger.

Die eerste middel wat my gehelp het was ʼn boek genaamd: “The Power of Right Believing: 7 Keys to Freedom from Fear, Guilt and Addiction” deur Joseph Prince.  In sy boek praat hy oor ware geloof in Jesus Christus. Dit kom daarop neer dat dit wat jy glo sal oor jou lewe kom. Dit maak die verskil tussen mense met oorwinning behaal of mislukking. 

DIE SLAGVELD VAN ONS GEDAGTES deur JOYCE MEYER, is ʼn gratis e-boek wat jy kan aflaai wat handel oor die onderwerp.

In my persoonlike lewe het ek besef dat sonder gebed gaan jy verlore wees. Ek het talle self-studies oor gebed gedoen en verskeie gebedsmodelle ondersoek tot ek my eie model ontwikkel het. 

Ek hou myself daagliks doenig met die dinge van die Here. Dis hoe ek die siekte oorkom het en geleer het om dit effektief te bestuur. Dit word als uit een gesit in my webjoernaal en sluit individuele geestes dissiplines in. Jesus groete.

 

Die Huwelik

Skriflesing 1 Korinthiërs 7:1-7 Maar omdat daar soveel onsedelikheid is, behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. 1 Kor...